Missie

Ons hoop dat die klinieke en navorsingsprogram soos op die webwerf uiteengesit,  insiggewend en opwindend is.  Daar is heelparty unieke eienskappe, soos brosjures wat u kan aflaai oor spesifieke steurings wat uit kinderjare spruit, inligting oor beradingsterapie asook groepsterapie vir sekere steurings.  Besondere klem word op navorsingsresultate geplaas. Daar is ook leiding met selfhelp boeke op die webwerf beskikbaar.
Ons personeel is multi-kultureel sowel as veeltalig en is kumulatief meer as 20 tale magtig.  'n Groot aantal van die spanlede is buitel&se medici wat reeds jare aktief in die slaapsteuringsveld werk en het buitengewone kwalifikasies wat tot die kwaliteit van die program toevoeg.
Dit is eintlik verstommend hoe min bekend is oor slaap en slaapsteurings en hoe onlangs hierdie navorsingsgebied bekend geword het. Juis as gevolg hiervan is daar vinnige vooruitgang en ons hoop dat u hierdie webwerf in gedagte sal hou om op hoogte te bly van nuwe ontwikkelinge.
'n Nuusbrief wat in die besonder h&el oor kinders se slaappatrone en slaapsteurings sal kwartaalliks op die webwerf beskikbaar wees.
Ons hoop dat u die beeldmateriaal op die webwerf aantreklik en uitdagend ervaar - dit is beelde van die personeel se drome en herinneringe oor hulle onderskeie tuisl&e.

Professor Colin Shapiro, BSc, MBBCh, PhD, MRCPsych, FRCPC Department Psigiatrie
Universiteit van Toronto

VISIE

Die filosofie van ons klinieke is om gespesialiseerde, toegewyde sorg aan persone met slaap- en wakkerbly-probleme te voorsien. Ons is voortdurend besig om beter tegnieke te ontwikkel om goeie kwaliteit sorg te verskaf. Navorsingsresultate sowel as kliniese vaardighede word ingespan in probleemoplossing vir elke pasiënt.

 

Art Show
INSOMNIA SELF MANAGEMENT PROGRAMME
Sleep Scales
Sign Up for Research Study Sleep in Media
See Our Clinic's Video Tour
Art and Sleep
 
© 2010 - 2024 Toronto Sleep Clinics, Ontario Sleep Clinics. All rights reserved.